DIS MOS GRIEKS DAAI!

Sluk jou Woorde is ‘n unieke wynreeks wat Afrikaanse etikette met prettige name gebruik om die verbruiker aan van ons land se voorste wyne bekend te stel.

Agtergrond:

Sluk Jou Woorde se wyne het sy ontstaan uit die Afrikaanse wynwebwerf www.wynsa.co.za - die enigste omvattende wyninligtingswebwerf net in Afrikaans - in die wêreld!! Hier kry jy enige en alle nuus oor die plaaslike, en internasionale wynbedryf, in jou gunstelingtaal. Keurig aangebied, interessant geskryf en die varsste wynnuus. Daar is ook baie nuttige inligting oor wynroetes, dinge om te sien en te doen, alles oor die brandewynbedryf en nog baie meer…

En toe kom die wyn…

Baie gesels, dink, toets, proe en herontwerp en daar staan hy – Sluk jou woorde - elke sluk vertel ‘n storie - het laasjaar vir die eerste keer die Stellenbosse lug geproe. Ons wil die wynbedryf in Afrikaans ‘n pret-omgewing maak. Weg is die dae van stywenekwynproeë en -besprekings, van neus, en teug en adem en nasmaak en lang palet in die middelmond – almal ingewikkelde wynterme wat skynbaar net vir die geleerdes en kenners bestem is.

Sluk Jou Woorde is ‘n prettige wynreeks wat jou na die volgende bottel sal laat soek – oor die inhoud van die bottel self, maar beslis ook oor die uniek-ontwerpte etiket en die storie wat dit vertel.

Met reuse in die Afrikaanse leefwêreld soos die Woordeboek van die Afrikaanse Taal (WAT), en die US Woordfees, binnekort talle Afrikaanse radiostasies en dalk ‘n televisieprogram of twee saam op die rak, gaan jy nog baie pret hê met hierdie wyn en sy unieke Afrikaanse stories.

Gebore uit die wingerde van die Wellingtonse en Stellenbosse wynstreek en grootgemaak in die wyntenks van die bekende Koelenhof-kelder onder die waaksame oog en in die sorgsame hande van Martin Stevens, wynmaker van formaat.

Agtervolg ons op Twitter en Facebook

Feeste en soortgelyke projekte word genooi om - soos met die Woordfees - met ons in verbinding te tree om wyne vir hul geleenthede te laat maak, te botteleer, en te etiketteer - met u projek se gunstelingwoord daarop. Slegs 100 bottels hoef gemaak te word per projek - kostes sal bepaal word n.a.v. die spesifieke projek se behoeftes - Epos: feeswyn at slukjouwoorde.co.za

Vier van ons wyne is steeds beskikbaar - Rinkink, Loslyf, Oorbly en Blykbaar - stuur ons 'n epos na wyn@slukjouwoorde.co.za om te hoor hoe en waar ons kan lewer.