Skip to content

Ons kom van vȇr
Ons gaan nog vȇr
Oos Wes, Tuis Bes

Oos Wes, Tuis Bes

In baie tale, en in baie situasies, so ook in Afrikaans die afgelope 100 jaar, moes baie mense al hul woorde sluk nadat onvanpaste of ondeurdagte uitsprake gemaak is.


Vat nou maar vir die bokkie van Benoni, wat skoon vergeet het om tot naby 10 miljoen te tel. (Hoeveel Afrikaanssprekendes nou weer, verseker nie 44 nie?)

En bekende staatsmanne, wat al heelwat keer moes sluk, so ook sportmense, akademici, en natuurlik ONS almal moet al op een of ander stadium ‘n bietjie terugstaan. Wel, nou kan jy iets daaromtrent doen.

ONS het almal een ding in gemeen – almal het al ‘n woord of twee gesluk.

En nou met die koordlopende-verkiesingsjaar, vlieg die woorde so rond (en bont) dat baie daarvan binne die volgende paar weke, maande, of selfs jare, gesluk sal moet word.

Merkwaardig dat in 1924 toe Afrikaans ‘n jaar weg van amptelike status was, daar ook ‘n nasionale verkiesing plaasgevind het – wat nogal lewensveranderende gevolge gehad het.

Sluk jou Woorde, wat ‘eers’ in 2015 die lig gesien het, deur ‘n klomp liter Afrikaanse wyn onder hul handelsmerk te versprei, is nou een van die voorbokke in die feesjaar waarin die 100ste bestaan van Afrikaans gevier word. Die feesjaar begin reeds in 2024, en duur ‘n hele jaar tot 8 Mei 2025 waar ‘n groot makietie, gereёl deur Afrikaans100, en al sy vennote die eeu van Afrikaans sal inklink met ‘n lekker plaaslike doppie.

Sluk Jou Woorde gaan hierdie jaar Afrikaans saam met Afrikaans100, die organiserende konglomeraat van Afrikaans-organisasies, wyn, bier, water, koffie en nog vele meer boks. Dit doen ons sonder om met die hart op die mou te loop of met ‘n bek vol tande te sit en sorg dat Afrikaans op die punte van almal se tonge is, op ‘n gemaklike, humoristiese en tasbare manier wat almal sal wil laat deelneem. Jy gaan nie jou boks wil misloop nie. En jy gaan moet sluk!

Tesame met Afrikaans100 gaan ons geld insamel vir besondere projekte, beurse, en dies meer…hierdie sluier sal teen einde Junie 2024 gelig word.

Wat ons wel kan laat glip is dat daar ‘n boks vol pret op deelnemers wag – vra maar vir Pandora, sy weet alles van bokse af…daar is wel iets te ete, te drinke en te geniete in die boks. (Vra ook maar vir die WAT, Prontuit, Woordfees en nog ‘n paar hoe lekker ons wyne laas was – nou ja, nou het ons ‘n boksvol plesier, nie net meer wyn nie!)

Om die boks te kan geniet, wel dis maklik. Druk die knoppie waar jy hom sien, en vul ons vormpie in. Dit kos (nou) niks – ons sal inligting stuur so teen einde Mei, en dan sal jy kan skenk en betaal, en ‘n paar weke later lekker skink en klink.

Afrikaans 100Afrikaans vier in 2025 sy eeufees as amptelike taal. Ons gebruik Afrikaans al vir honderde jare, maar op 8 Mei 2025 vier hy 100 jaar as amptelike taal. Ons het op 8 Mei 2024 afgeskop met ’n jaar se plesierigheid tot 8 Mei 2025 wanneer die taal feestelik in die Paarl by die Taalmonument gevier gaan word. Waarvoor wag jy? Word deel van Afrikaans100 se projekte en feesvieringe. Almal is genooi!

Kontak ons by info@slukjouwoorde.co.za om betrokke te raak