In baie tale, en in baie situasies, so ook in Afrikaans die afgelope 100 jaar, moes baie mense al hul woorde sluk nadat onvanpaste of ondeurdagte uitsprake gemaak is. Vat nou maar vir die bokkie van Benoni, wat skoon vergeet het om tot naby 10 miljoen te tel. (Hoeveel Afrikaanssprekendes nou weer, verseker nie 44 nie. Maar dit lyk darem of sy en Trump iets in gemeen het?)
En bekende staatsmanne, wat al heelwat keer moes sluk, so ook sportmense, akademici, en natuurlik ONS almal moes al op een of ander stadium ‘n bietjie terugstaan. Wel, nou kan jy iets daaromtrent doen.
Dit is die een ding wat ONS almal in gemeen het – ONS almal moes al ‘n woord of twee sluk!
Sluk jou Woorde, wat ‘eers’ in 2015 die lig gesien het deur ‘n klomp liter Afrikaanse wyn onder hul handelsmerk te versprei, was een van die voorbokke in die feesjaar waarin die 100ste bestaan van Afrikaans met talle makieties gevier is. So, wil jy Afrikaans steeds geniet met ‘n lekker plaaslike doppie? Jy moenie jou boks misloop nie. En jy gaan moet sluk! Bestel dit nou hier op ons tuiste.
Afrikaans100 kry 10% van die inkomste wat hulle vir mooi doele sal aanwend, soos spesiale projekte, beurse, en dies meer – as ondersteuner sal u deur e-pos hiervan meer inligting kry.
Die Afrikaans100-jaar is amper uitgeloop, maar ons wyne is ver van uitgeput. Die feestyd is om die draai en wat is nou lekkerder as ietsie wat die smaakkliere prikkel om in die feestyd te geniet – en dit boonop in lekker, skerp Afrikaans?






