Die Winkel
Welkom by die Sluk jou Woorde se Wynwinkel! Ons het tans SES los wyne beskikbaar, en een doos van SES, dws een van elk van ons wyne daarin.
Hul het elk ‘n lekker Afrikaanse woord daarop, en ‘n lekker wyn binne-in:
- Makker – Cabernet Sauvignon / Merlot Versnit 2023 (Swartland)
- Nxa! – Magtige Merlot 2023 (Swartland)
- Afrikaans – Rosige Rosé 2024 (Paarl)
- Babelas – Sappige Sauvignon Blanc 2024 (Durbanville)
- Rinkink – Kalm Cabernet Sauvignon 2023 (Stellenbosch )
- Loslyf – Vrugtige Chenin Blanc 2024 (Helderberg)
Kies jou opsie en bestel hieronder! Afleweringskoste word bygevoeg tot die koopprys. U sal die finale bedrag sien alvoor betaling gemaak hoef te word. Dit hang maar af van waar u bly.
Maksimum afleweringstarief is R200.00 tot in die gramadoelas, en die ou Kalahari. (Minimum is R100 – MAAR as u een van ons spanlede ken, dan is aflewering naby ons woonplekke gratis.)
Praat met ons as u ‘n meer spesifieke behoefte het. Whatsapp werk ook +27615870220
